Saterdag 30 April 2016

Skulpversameling aan Museum



Loretta Kritzinger van  Humansdorp het haar skulpversameling wat oor baie jare opgebou is deur gereelde besoeke aan Jeffreysbaai se stande is onlangs aan die Skulpmusuem geskenk. 

Sondag 03 April 2016

"School Boarding House"

     Ten spyte van 'n dringende behoefte aan huisvesting vir leerlinge op Humansdorp het dit in die vorige eeu amper veertig jaar geneem om skoolkoshuise op te rig. Leerlingtalle in die skool het vining toegeneem, veral nadat wetgewing in 1913 dit verpligtend gemaak het, dat skoolgegaan moet word tot standard IV of ouderdom 14. In 1917 is dit verhoog na standard VI of sestien jaar oud. Die uitbreek van die eerste wêreldoorlog het ook bygedra om die bou van die koshuise te vertraag.

Vrydag 01 April 2016

Whats in a name?

Ons lewe in ‘n wêreld waar suksesvolle produkte en besighede gekenmerk word deur spesifieke “brands” en selfs kinders vanaf ‘n baie jong ouderdom graag klere en speelgoed van ‘n spesifieke handelsmerk wil besit. Die Skulpiemuseum is op soek na ‘n oorspronklike en interessante logo. Die logo moet eenvoudig wees sodat dit maklik op verskeie voorwerpe en materiale gebruik kan word en ook teen verskillende agtergronde gebruik kan word en ook nie sommer gou verouderd sal raak nie. Voorstelle vir logo’s moet per epos gestuur word aan humansdorpmuseum@gmail.com of in ‘n geseëlde koevert ingehandig word by: Humansdorpmuseum, Skulpiemuseum of Toerisme in Jeffreysbaai. Sluitingsdatum is Vrydag 13 Mei en die wenner sal bekend gemaak word op Saterdag 21 Mei tydens die uitstalling in die Fountains Mall. Hoe die pers dop vir verdere besonderhede.

Sondag 27 Maart 2016

Me M E Ferreira - Assistant Town Clerk 1932 - 1934

     Die waarde van 'n museum strek verder as die bewaring van oudhede maar is ook 'n plek waar  inligting en foto's vir die nageslag bewaar word.
     Onlangs het die museum op Humansdorp 'n versoek ontvang, van 'n persoon wat deur Humansdorp reis, om te kom soek na 'n foto van sy moeder - 'n voormalige assistant Stadsklerk. In die museum was daar drie verskillende foto's van die betrokke persoon beskikbaar en kon afskrifte daarvan gemaak word en Dietmont het die volgende oor sy moeder geskryf :    

Sondag 20 Maart 2016

Anita van der Merwe - Uittrede as Voorsitter van Museumvereniging

     Tydens ‘n besondere geleentheid, in die vorm van ‘n oggendtee, is ‘n Sertifikaat van Verdienste oorhandig deur Mnr Theo Vosloo, nuwe voorsitter, aan Mev Anita van der Merwe, die uittredende voorsitter van die Humansdorpe Museumvereniging. Die tee is gehou by Grill & Co, 95 on Main en die tafels pragtig versier met o.a. pienk kolwyntjies.

Donderdag 03 Maart 2016

DIE GROOT BRAND VAN 1869

Die dag van 9 Februarie 1869 staan letterlik gebrandmerk as die swart dag in die geskiedenis van Humansdorp. Dit was of die hele wêreld wou verbrand.



Donderdag 21 Januarie 2016

Tyd-regruk van Nasionale Kurator

Kouga Express Donderdag 21 Januarie 2016