Saterdag 30 April 2016

Skulpversameling aan Museum



Loretta Kritzinger van  Humansdorp het haar skulpversameling wat oor baie jare opgebou is deur gereelde besoeke aan Jeffreysbaai se stande is onlangs aan die Skulpmusuem geskenk. 

Sondag 03 April 2016

"School Boarding House"

     Ten spyte van 'n dringende behoefte aan huisvesting vir leerlinge op Humansdorp het dit in die vorige eeu amper veertig jaar geneem om skoolkoshuise op te rig. Leerlingtalle in die skool het vining toegeneem, veral nadat wetgewing in 1913 dit verpligtend gemaak het, dat skoolgegaan moet word tot standard IV of ouderdom 14. In 1917 is dit verhoog na standard VI of sestien jaar oud. Die uitbreek van die eerste wêreldoorlog het ook bygedra om die bou van die koshuise te vertraag.

Vrydag 01 April 2016

Whats in a name?

Ons lewe in ‘n wêreld waar suksesvolle produkte en besighede gekenmerk word deur spesifieke “brands” en selfs kinders vanaf ‘n baie jong ouderdom graag klere en speelgoed van ‘n spesifieke handelsmerk wil besit. Die Skulpiemuseum is op soek na ‘n oorspronklike en interessante logo. Die logo moet eenvoudig wees sodat dit maklik op verskeie voorwerpe en materiale gebruik kan word en ook teen verskillende agtergronde gebruik kan word en ook nie sommer gou verouderd sal raak nie. Voorstelle vir logo’s moet per epos gestuur word aan humansdorpmuseum@gmail.com of in ‘n geseëlde koevert ingehandig word by: Humansdorpmuseum, Skulpiemuseum of Toerisme in Jeffreysbaai. Sluitingsdatum is Vrydag 13 Mei en die wenner sal bekend gemaak word op Saterdag 21 Mei tydens die uitstalling in die Fountains Mall. Hoe die pers dop vir verdere besonderhede.