Saterdag 24 Februarie 2018

Lights! Camera! ACTION!

  On Friday 23 February 2018 a crew from Okuhle Media made a short documentary about the Shell Museum for an insert during Showville season 2 on SABC 2 .


The crew with Lorcia Cooper and Geoff Butler in front.
Lorcia and Aphiwe

Sondag 18 Februarie 2018

Flower Power 2017

Gedurende November en Desember 2017 is 'n prettige kompetisie by die twee museums gehou om 'n Mej Flower en Mnr Power vir 2017 te vind.
  Deelnemers is ingedeel in die volgende groepe: voorskool, laerskool en hoĆ«rskool en op 9 Desember is twee wenners (seun en meisie) in elke groep aangewys. Die kinders het dit geniet om brille, blomme en bont hare te gebruik om soos regte "hippies" te lyk, sommige het selfs kitaar gespeel soos die sestigers se "rockers".
  Hierdie jaarlikse kompetisie word gehou om kinders na die museum te lok maar ook om te wys dat museums kan pret wees.
  Al wat van die kinders verwag word is om een van die items beskikbaar vas te hou of te gebruik en 'n foto word dan van hulle geneem. Die foto's word dan later op die tv skerms in die museums gewys.  
  Danksy bydraes van Kouga Munisipaliteit, Musica en True Technologies het elkeen, wat tydens die prysuitdeling daar was, 'n geskenk gekry en veral die wenners van die vier tablette (Lenovo TAB 3 7" ) was baie opgewonde. Die stralende gesiggies van die pryswenners was 'n vreugde om te aanskou.
  heelwat navrae is reeds ontvang oor wanneer die volgende kompetisie plaasvind en die datums sal binnekort bekend gemaak word.


Classic Car Rally 2017

   Die Jbay Classic Car Club het in Desember 2017 vir die tweede keer, in samewerking met die twee museums, 'n "Rally" gehou vanaf die Skulpmuseum tot by Mentorskraal en terug. Meer as twintig van hierdie pragtige ou motors het eers parkeer by die museum om mense die geleentheid te gee om hulle te besigtig en daarna het 'n aantal belangstellendes die gratis rit meegemaak.
  Verskeie navrae is reeds ontvang oor wanneer die volgende "Rally" gaan plaasvind en die datum vir hierdie jaar sal binnekort bekend gemaak word.
  Hier is foto's van slegs 'n paar van die klassieke motors wat aan die "Rally" deelgeneem het.






Oudste motor wat deelgeneem het aan Rally

Vrydag 16 Februarie 2018

Navorsing in Skulpmuseum

Hierdie groupie leerders het kom navording doen oor skulpe in die museum

Leerlinge van Port Elizabeth besoek Skulpmusuem

Leerlinge van Khayalethu Youth Centre het kom kyk na die skulpe.










Hankey Laerskool

Die graad eens van Hankey Laerskool 'n besoek gebring aan die Skulpmuseum as deel van hul Erfenisdagviering.


Die graad eentjies saam met Me Amanda Simpson en Amore Els 

Donderdag 15 Februarie 2018

Erfenisdag 2017

Erfenisdag is gevier  met 'n prettige poppespel by die Skulpmuseum vir leerders van die Pellrus Primary sowel as 'n groep van die KS Ntlama SP School vanaf Bedford.

K S Ntlama SP School van Bedford
Onderwysers van die K S Ntlama SP School
Pellsrus Primary School learners
K S Ntlama SP School





Nanette Stanley met van haar poppe.





Dinsdag 13 Februarie 2018

Die GROOOT uitpak

Na die groot geskenk van Bayworld in die vorm van 39,6 kg skulpe was dit die groot uitpak:




Philip Steenkamp,Tana Kruger, Ken Wilson en Elza Steenkamp


Geordende Chaos





Soort by Soort




Skoonmaak en Wegpak
Tana Kruger, Andrew Meyer, ken Wilson en Elza Steenkamp

Maandag 12 Februarie 2018

Groot geskenk vanaf Bayworld

Die Skulpmuseum het onlangs 'n wonderlike geskenk ontvang van Bayworld in Port Elizabeth in die vorm van 39,6 kg skulpe. Die skenking is danksy die toewyding van Gill Watson (Collections Manager) by Bayworld om van die pragtige skulpe in die Cinderella- stoor beskikbaar te stel om uitgestal te word.


Tydens 'n besoek aan die museum sal verskeie skulpe gesien kan word met 'n "Bayworld" plakker wat die versameling wesenlik aangevul het, die heel grootste skulp nou in die museum is ook deel van hierdie skenking.
Gill Watson (Bayworld) Carina Strydom, (KM), Raadslid F Baxter, Theo Vosloo (Voorsitter Museumvereniging,
Vanessa (Bayworld
Oorhandiging van die grootste skulp nou in die Skulpmuseum




Die skenking van 39.6 kg skulpe






The Sea Shells of Jeffreys Bay word herdruk

Die gewilde boekie geskryf deur Prof Douw en mev Elize Steyn is onlangs 'n nuwe baadjie aangetrek en herdruk en word nou weer by die Skulpmuseum te koop aangebied.


Die proses was nie heeltemal so eenvoudig soos aanvanklik gedink is nie, die vorige maatskappy wat die drukwerk gedoen het bestaan nie meer nie, en daarom moes elke bladsy apart skandeer word.  Gevorderde tegnologie is gebruik wat woorde omskakel na 'n teksformaat maar  heelwat regstellings moes steeds gedoen word en elke fotobladsy ook individueel skandeer word.


Die eindproduk is egter pragtig en 'n nuttige naslaanboekie vir elke person met 'n belangstelling in die skulpe op Jeffreysbaai se strande. 


Aphiwe Masoka ontvang die nuwe boekie van Frank Nunan van
 Write-On Publishing in St Francisbaai.