Sondag 03 Junie 2018

"Wall of Remembrance" - Pellsrus

'n Projek om die verwaarloosde begraafplaas in Duinestraat, Pellsrus op te knap is onlangs voltooi - 'n spanpoging tussen Kouga Munisipaliteit Toerisme en die Humansdorp Museumvereniging. Die doel daarvan om erkenning te gee aan die vissermanne en hulle gesinne wat daar begrawe is.

In Old Jeffreys Bay - Lest we Forget by  Bert Behrens :"The early coloured people of Jeffreys Bay were highly skilled fishermen who lived of the sea...in striving to put food on the table, often put their lives at risk by going out to sea in all types of weather and in extremely bad conditions...if it were not for the coloured fishermen who, all those years ago, put the spotlight on "The Fishery", which later became Jeffreys Bay, this fast going town, the jewel of the Eastern Cape, may not have been what it is today..."
Verwaarloosde heining en rommel

Saterdag 02 Junie 2018

Toekenning vir Komiteelid

Hester Marx, een van die eerste komiteelede van Humansdorpvereniging is onlangs vereer deur die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika met die Goue Banier 2018 toekenning.


Die Goue Banier word slegs gegee in erkenning van uitsonderlike diens aan die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika.


Vir baie jare plaas Hester getrou al die sterfkennisgewings van Die Burger op SAGen en gee so waardevolle inligting aan ander navorsers.


Welgedaan!!

Hester Marx en Alan Montgomery, Voorsitter GGSA Ooskaaptak