Vrydag 01 April 2016

Whats in a name?

Ons lewe in ‘n wêreld waar suksesvolle produkte en besighede gekenmerk word deur spesifieke “brands” en selfs kinders vanaf ‘n baie jong ouderdom graag klere en speelgoed van ‘n spesifieke handelsmerk wil besit. Die Skulpiemuseum is op soek na ‘n oorspronklike en interessante logo. Die logo moet eenvoudig wees sodat dit maklik op verskeie voorwerpe en materiale gebruik kan word en ook teen verskillende agtergronde gebruik kan word en ook nie sommer gou verouderd sal raak nie. Voorstelle vir logo’s moet per epos gestuur word aan humansdorpmuseum@gmail.com of in ‘n geseëlde koevert ingehandig word by: Humansdorpmuseum, Skulpiemuseum of Toerisme in Jeffreysbaai. Sluitingsdatum is Vrydag 13 Mei en die wenner sal bekend gemaak word op Saterdag 21 Mei tydens die uitstalling in die Fountains Mall. Hoe die pers dop vir verdere besonderhede.