Woensdag 23 Mei 2018

Museumdag in Mall

Die jaarlikse uitstalling  ter viering van Internasionale Museumdag is op Saterdag 19 Mei in die Fountains Mall gehou. Die uitstalling se tema was "Van Toeka tot Nou" en het alherhande ou voorwerpe bevat wat die ontwikkeling van kommunikasie uitgebeeld het - van 'n outydse slingerfoon (nommer asseblief!) tot 'n moderne "Tablet".

Uitstallings word jaarliks gehou om die museums te bemark onder die algemene publiek en elke jaar word 'n ander tema gebruik.

"The objective of International Museum Day is to raise awareness of the fact that, “Museums are an important means of cultural exchange, enrichment of cultures and development of mutual understanding, cooperation and peace among peoples.”

(icom.musuem/)


Daar is ook om 14:00 'n gelukstrekking gehou - all besoekers kon hul name en kontaknommers in die rooi posbus gooi en een van die jong besoekers het toe drie name getrek. Die wenners was almal baie ingenome met hul pryse.



Van die besoekers

Werkswinkel in Grahamstad




Onlangs is 'n werkswinkel "Museum Exhibitions Made Easy" by die National English Literature Museum (NELM) in Grahamstad gehou. Die werkswinkel het oor twee dae gestrek en die doel daarvan was om museum uitstallings te venuwe en meer modern te maak maar ook om nuwe insigte te bring rakende die doel van klein plaaslike museums.

Die werkswinkel het ook gefokus op die noodsaak om te verseker dat alle kulture verteenwoordig word sodat die breĆ« gemeenskap se stories vertel kan word.
Die museum is 'n pragtige moderne gebou met 'n groot hoeveelheid lugversorgde stoorkamers, lesinglokale, 'n teater, ligte wat outomaties aan- en afskakel, kinderhoekie en pragtige uitstalruimtes.




Menseregtedag by Hmansdorpmuseum


Die Humansdorp Museum het op 20 Maart 2018, ter viering van Menseregtedag,  'n praatjie gehou oor kinderregte aangebied deur Sersant Monja Nel, SAPS Humansdorp

Angelface Community Projects het aan leerlinge van Humansdorp Secondary School, Graslaagte Primary School and Kruisfontein Primary School 'n geskenkpakkie uitgedeel.

https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEjKY8fxc644d-mOtb5KvwaCUSWjxu6JQO9Z9IFmR5xvuoB8Fqp6NRmJsfp9ydTnicky3BjVtDP_O7lTosWCMSnwNNQUlEFnfSuOtPpARynw5CXtOy_4Rrn2OXWkvhs4SEt3ynB5YRS7DFiL/s1600/1+a.jpg

https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEgMxAIgrVhWPWcj2M7gIBQ4Le0h5s_LCREXwxUhB3CMDwinK8wCETv1JJalWy7_NH4gm_aje8yjj604Zza0xwE7b9_HnTQuejNeWb5d2JAT6mA3T_AvK2S3nI4ppmF4tQrU5_3jYvWiHIIX/s1600/2+a.jpg

https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEjGoe3LUIja63xzqV1zTNyW14lbtyxdYsantNkX9xG_yofZt5uW-yLKCW_6gPgar16_sjBQ35QaZsImPWNWg3entcoCveSO1jlvhBkY30Y5sjZPq0TEX-QD2QQbF0mAvEq3l2zHtwb0ElnI/s1600/3.png