Vrydag 09 Maart 2018

Laerskool Stulting besoek Humansdorp Museum



Die aankoms

Op 5 Maart 2018 het 'n groep van 73 leerders die Humansdorp Museum besoek, hulle is eers bietjie vertel oor die geskiedenis van Humansdorp en daarna op 'n toer deur die museum geneem. 


Donderdag 08 Maart 2018

Laerskool Kruisfontein besoek Humansdorp Museum

Op 21 Februarie 2018 het 'n groep leerders van Kruisfontein Laerskool 'n opvoedkundige uitstappie na die Humansdorp Museum gedoen. Sestig leerders is meer vertel oor die geskiedenis van Humansdorp en interessante artefakte aan hulle vertoon.