Woensdag 31 Augustus 2016

Praatjie oor Militêre Medaljes



Op 27 Augustus 2016 het Tiaan Jacobs, Militêre historikus 'n praatjie gelewer by die Humansdorpmuseum oor medaljes met veral klem op die Suid-Afrikaanse geskiedenis.
Die praatjie het heelwat belangstelling ontlok en heelwat van die deelnemers het medaljes saamgebring sodat Tiaan meer besonderhede daaroor kon gee.

Maandag 22 Augustus 2016

Echo Kids van St Francis

Die Echo Kids van St Francis het 'n opvoedkundige oggend in die Skulpmuseum deurgebring en aan alherhande interessante aktiwiteite deelgeneem.












Dinsdag 02 Augustus 2016

Afskeid - Ds Deon Oelofsen

Tydens 'n funksie gehou op Woensdag 27 Julie 2016 is afskeid geneem van een van die Humansdorp Museumvereniging se komiteelede  - Ds Deon Oelofsen wat binnekort emigreer.

vlnr Theo Vosloo (Voorsitter), Anita van der Merwe (voormalige Voorsitter) , Deon Oelofsen en Carel Ferreira.




Maandag 01 Augustus 2016

Besoekers aan Museum

Hierdie vrolike "Social Work" studente het besoek gebring aan die Skulpmuseum om navorsing te doen vir 'n werksopdrag. 


Vlnr Nomazizi Thube (Patensie) , Irma February (Loerie) , Zoliswa Mbilase (Kareedouw) en
Thandokozi Gxikixa  (Jeffreysbaai).