Saterdag 02 Junie 2018

Toekenning vir Komiteelid

Hester Marx, een van die eerste komiteelede van Humansdorpvereniging is onlangs vereer deur die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika met die Goue Banier 2018 toekenning.


Die Goue Banier word slegs gegee in erkenning van uitsonderlike diens aan die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika.


Vir baie jare plaas Hester getrou al die sterfkennisgewings van Die Burger op SAGen en gee so waardevolle inligting aan ander navorsers.


Welgedaan!!

Hester Marx en Alan Montgomery, Voorsitter GGSA Ooskaaptak