Woensdag 23 Mei 2018

Museumdag in Mall

Die jaarlikse uitstalling  ter viering van Internasionale Museumdag is op Saterdag 19 Mei in die Fountains Mall gehou. Die uitstalling se tema was "Van Toeka tot Nou" en het alherhande ou voorwerpe bevat wat die ontwikkeling van kommunikasie uitgebeeld het - van 'n outydse slingerfoon (nommer asseblief!) tot 'n moderne "Tablet".

Uitstallings word jaarliks gehou om die museums te bemark onder die algemene publiek en elke jaar word 'n ander tema gebruik.

"The objective of International Museum Day is to raise awareness of the fact that, “Museums are an important means of cultural exchange, enrichment of cultures and development of mutual understanding, cooperation and peace among peoples.”

(icom.musuem/)


Daar is ook om 14:00 'n gelukstrekking gehou - all besoekers kon hul name en kontaknommers in die rooi posbus gooi en een van die jong besoekers het toe drie name getrek. Die wenners was almal baie ingenome met hul pryse.



Van die besoekers

Eerste prys: A de Vries
Tweede prys: Johan Serfontein

Derde prys: Sam Crouser