Woensdag 23 Mei 2018

Werkswinkel in Grahamstad




Onlangs is 'n werkswinkel "Museum Exhibitions Made Easy" by die National English Literature Museum (NELM) in Grahamstad gehou. Die werkswinkel het oor twee dae gestrek en die doel daarvan was om museum uitstallings te venuwe en meer modern te maak maar ook om nuwe insigte te bring rakende die doel van klein plaaslike museums.

Die werkswinkel het ook gefokus op die noodsaak om te verseker dat alle kulture verteenwoordig word sodat die breĆ« gemeenskap se stories vertel kan word.
Die museum is 'n pragtige moderne gebou met 'n groot hoeveelheid lugversorgde stoorkamers, lesinglokale, 'n teater, ligte wat outomaties aan- en afskakel, kinderhoekie en pragtige uitstalruimtes.





Kleurvolle kinderhoekie


Deel van Uitstalling