Maandag 12 Februarie 2018

Groot geskenk vanaf Bayworld

Die Skulpmuseum het onlangs 'n wonderlike geskenk ontvang van Bayworld in Port Elizabeth in die vorm van 39,6 kg skulpe. Die skenking is danksy die toewyding van Gill Watson (Collections Manager) by Bayworld om van die pragtige skulpe in die Cinderella- stoor beskikbaar te stel om uitgestal te word.


Tydens 'n besoek aan die museum sal verskeie skulpe gesien kan word met 'n "Bayworld" plakker wat die versameling wesenlik aangevul het, die heel grootste skulp nou in die museum is ook deel van hierdie skenking.
Gill Watson (Bayworld) Carina Strydom, (KM), Raadslid F Baxter, Theo Vosloo (Voorsitter Museumvereniging,
Vanessa (Bayworld
Oorhandiging van die grootste skulp nou in die Skulpmuseum




Die skenking van 39.6 kg skulpe