Sondag 18 Februarie 2018

Flower Power 2017

Gedurende November en Desember 2017 is 'n prettige kompetisie by die twee museums gehou om 'n Mej Flower en Mnr Power vir 2017 te vind.
  Deelnemers is ingedeel in die volgende groepe: voorskool, laerskool en hoĆ«rskool en op 9 Desember is twee wenners (seun en meisie) in elke groep aangewys. Die kinders het dit geniet om brille, blomme en bont hare te gebruik om soos regte "hippies" te lyk, sommige het selfs kitaar gespeel soos die sestigers se "rockers".
  Hierdie jaarlikse kompetisie word gehou om kinders na die museum te lok maar ook om te wys dat museums kan pret wees.
  Al wat van die kinders verwag word is om een van die items beskikbaar vas te hou of te gebruik en 'n foto word dan van hulle geneem. Die foto's word dan later op die tv skerms in die museums gewys.  
  Danksy bydraes van Kouga Munisipaliteit, Musica en True Technologies het elkeen, wat tydens die prysuitdeling daar was, 'n geskenk gekry en veral die wenners van die vier tablette (Lenovo TAB 3 7" ) was baie opgewonde. Die stralende gesiggies van die pryswenners was 'n vreugde om te aanskou.
  heelwat navrae is reeds ontvang oor wanneer die volgende kompetisie plaasvind en die datums sal binnekort bekend gemaak word.