Saterdag 08 Junie 2019

Skulpiemuseum en Humansdorp museum 2019 Aktiwiteite

 Die Skulpiemuseum en die Humansdorp-museum vier Internasionale museumdag op 8 Junie 2019.

Die tema van hierdie jaar se Museumdag was besoedeling. Die uitstalling het uit twee dele bestaan: een kant het getoon hoe rommel die see en strande besoedel en die ander kant het skoon strande uitgebeeld sonder vullis met skulpe hoe dit veronderstel is om te lyk.

Die museums het ten doel om meer mense, en veral die jeug, bewus te maak van besoedeling en watter verskil dit kan maak as n mens nie die strande en see besoedel nie.








Die Museumdag is voorafgegaan met 'n inkleur- kompetisie wat vir leerders gehou is. Bladsye met 'n prentjie van besoedeling op die strand is uitgedeel aan kinders van Jeffreysbaai en Humansdorp. Kinders het die prentjies ingekleur en dit was baie moeilik om uiteindelik die wenners te kies. Hierdie is die gelukkige jong mense wat die wenners van die kompitisie was, Baie geluk aan julle!






















Vrydag 31 Mei 2019

Dinsdag 30 April 2019

Woensdag 13 Februarie 2019

Wenners - Mr Cowboy and Miss Cowgirl

Elkeen van die kinders was die oggend se prysuitdeling by die museum bygewoon het, het pryse ontvang en dit was te danke aan die volgende borge: True Technologies, Woodlands Melkery, Spur, Wacky Water, Wavecrest Surf School en die wonderlike ouers van twee deelnemers..
Tydens die prysuitdeling het drie kinders slegs 'n pakkie lekkers ontvang en een van die ouers het die groot teleurstelling raakgesien en aan elkeen van hulle R100 oorhandig. Waardering aan hierdie omgee mense vir so 'n mooi gebaar.




Groepie Wenners
Die wonderlike pryse







Woensdag 31 Oktober 2018

Kompetisietyd by die Museums

Op 5 November begin hierdie jaar se soektog na Mej "Cowgirl" en Mnr "Cowboy" en die kompetisie sluit op 30 November 2018.





Om in te skryf besoek die Skulpie- of Humansdorpmuseum, gebruik van die prettige toebehore of kom aangetrek volgens 'n Wilde Weste tema, laat 'n foto neem deur een van die museum se toesighouers en vul 'n inskrywingsvorm in. Dit is beslis nie 'n skoonheidskompetisie nie maar net 'n prettige manier om die museums bekend te stel.


Op 8 Desember om 10:00 word die wenners by die Skulpmuseum bekend gemaak.  Om onpartydigheid te waarborg word drie kinders se name getrek in elk van die volgende kategorieĆ«:


Voorskool, laerskool en hoĆ«rskool  wat dan in aanmerking kom vir 'n eerste, tweede en derde prys.


Daar sal egter ook 'n meriete prys wees vir die twee wat, volgens die beoordeelaars, die heel beste  aangetrek is as "Cowgirl" en "Cowboy".


Tydens die besoek aan die museum kan name op 'n lys geplaas word vir 'n gratis pretrit vanaf die Skulpiemuseum na Mentors en weer terug.  Indien daar meen name as plekke is sal daar ook 'n trekking gehou word - plek is ongelukkig beperk.