Saterdag 08 Junie 2019

Skulpiemuseum en Humansdorp museum 2019 Aktiwiteite

 Die Skulpiemuseum en die Humansdorp-museum vier Internasionale museumdag op 8 Junie 2019.

Die tema van hierdie jaar se Museumdag was besoedeling. Die uitstalling het uit twee dele bestaan: een kant het getoon hoe rommel die see en strande besoedel en die ander kant het skoon strande uitgebeeld sonder vullis met skulpe hoe dit veronderstel is om te lyk.

Die museums het ten doel om meer mense, en veral die jeug, bewus te maak van besoedeling en watter verskil dit kan maak as n mens nie die strande en see besoedel nie.








Die Museumdag is voorafgegaan met 'n inkleur- kompetisie wat vir leerders gehou is. Bladsye met 'n prentjie van besoedeling op die strand is uitgedeel aan kinders van Jeffreysbaai en Humansdorp. Kinders het die prentjies ingekleur en dit was baie moeilik om uiteindelik die wenners te kies. Hierdie is die gelukkige jong mense wat die wenners van die kompitisie was, Baie geluk aan julle!