Woensdag 31 Oktober 2018

Kompetisietyd by die Museums

Op 5 November begin hierdie jaar se soektog na Mej "Cowgirl" en Mnr "Cowboy" en die kompetisie sluit op 30 November 2018.





Om in te skryf besoek die Skulpie- of Humansdorpmuseum, gebruik van die prettige toebehore of kom aangetrek volgens 'n Wilde Weste tema, laat 'n foto neem deur een van die museum se toesighouers en vul 'n inskrywingsvorm in. Dit is beslis nie 'n skoonheidskompetisie nie maar net 'n prettige manier om die museums bekend te stel.


Op 8 Desember om 10:00 word die wenners by die Skulpmuseum bekend gemaak.  Om onpartydigheid te waarborg word drie kinders se name getrek in elk van die volgende kategorieë:


Voorskool, laerskool en hoërskool  wat dan in aanmerking kom vir 'n eerste, tweede en derde prys.


Daar sal egter ook 'n meriete prys wees vir die twee wat, volgens die beoordeelaars, die heel beste  aangetrek is as "Cowgirl" en "Cowboy".


Tydens die besoek aan die museum kan name op 'n lys geplaas word vir 'n gratis pretrit vanaf die Skulpiemuseum na Mentors en weer terug.  Indien daar meen name as plekke is sal daar ook 'n trekking gehou word - plek is ongelukkig beperk.