Maandag 25 Julie 2016

Bewaringsbewusmaking by Skulpmusuem

Onlangs het grade 8 leerders van die Global Leadership Academy 'n besoek gebring aan die Skulpmuseum waar 'n opvoeder van Department Landbou, Bosbou en Visserye 'n lesing gehou het om bewusmaking vir die noodsaaklikheid van bewaring onder die jeug te kweek. Die oggend is gereël as deel van die museum se viering van Jeugdag.

Arno Munro besig met voorbereidings




Arno Munro se aanbieding het die leerders op vermaaklike wyse geleer oor verskillende seediere asook die ekosisteme langs nie kus.












Die museum beplan om al die skole in die omgewing te nader sodat 'n soortgelyke aanbieding ook vir ander graad 8 leerders gehou kan word.


Woensdag 22 Junie 2016

Life in our Oceans

On 22 June 2016 Arno Munro from the Department of Agriculture, Forestry and Fisheries gave a talk to a group of pupils from Global Leadership Academy on changing climate, changing oceans and coast and changing lives.



Global Leadership Academy pupils


Arno Munro with a group of pupils.
Hoffie Williams, well known personality of JBay also attended the talk



Woensdag 01 Junie 2016

Vrydag 27 Mei 2016

Museumdag in Fountains Mall

Carel Ferreira speel op die vrolike geel klavier, tydens die uitstalling
in die winkelsentrum, wat jaarliks gehou word.

Saterdag 21 Mei 2016

Spesiaal geskilder vir die Skulpmusuem








Skildery van 21 van die meer bekende skulpe van Jeffreysbaai.
deur bekende plaaslike kunstenaar
Me Nicolene Gericke

Saterdag 30 April 2016

Skulpversameling aan Museum



Loretta Kritzinger van  Humansdorp het haar skulpversameling wat oor baie jare opgebou is deur gereelde besoeke aan Jeffreysbaai se stande is onlangs aan die Skulpmusuem geskenk. 

Sondag 03 April 2016

"School Boarding House"

     Ten spyte van 'n dringende behoefte aan huisvesting vir leerlinge op Humansdorp het dit in die vorige eeu amper veertig jaar geneem om skoolkoshuise op te rig. Leerlingtalle in die skool het vining toegeneem, veral nadat wetgewing in 1913 dit verpligtend gemaak het, dat skoolgegaan moet word tot standard IV of ouderdom 14. In 1917 is dit verhoog na standard VI of sestien jaar oud. Die uitbreek van die eerste wêreldoorlog het ook bygedra om die bou van die koshuise te vertraag.