Maandag 25 Julie 2016

Bewaringsbewusmaking by Skulpmusuem

Onlangs het grade 8 leerders van die Global Leadership Academy 'n besoek gebring aan die Skulpmuseum waar 'n opvoeder van Department Landbou, Bosbou en Visserye 'n lesing gehou het om bewusmaking vir die noodsaaklikheid van bewaring onder die jeug te kweek. Die oggend is gereĆ«l as deel van die museum se viering van Jeugdag.

Arno Munro besig met voorbereidings




Arno Munro se aanbieding het die leerders op vermaaklike wyse geleer oor verskillende seediere asook die ekosisteme langs nie kus.












Die museum beplan om al die skole in die omgewing te nader sodat 'n soortgelyke aanbieding ook vir ander graad 8 leerders gehou kan word.