Hierdie groupie leerders het kom navording doen oor skulpe in die museum
Vrydag 16 Februarie 2018
Hankey Laerskool
Donderdag 15 Februarie 2018
Erfenisdag 2017
Erfenisdag is gevier met 'n prettige poppespel by die Skulpmuseum vir leerders van die Pellrus Primary sowel as 'n groep van die KS Ntlama SP School vanaf Bedford.
![]() |
K S Ntlama SP School van Bedford |
![]() |
Onderwysers van die K S Ntlama SP School |
![]() |
Pellsrus Primary School learners |
![]() |
K S Ntlama SP School |
![]() |
Nanette Stanley met van haar poppe. |
Dinsdag 13 Februarie 2018
Die GROOOT uitpak
Maandag 12 Februarie 2018
Groot geskenk vanaf Bayworld
Die Skulpmuseum het onlangs 'n wonderlike geskenk ontvang van Bayworld in Port Elizabeth in die vorm van 39,6 kg skulpe. Die skenking is danksy die toewyding van Gill Watson (Collections Manager) by Bayworld om van die pragtige skulpe in die Cinderella- stoor beskikbaar te stel om uitgestal te word.
Tydens 'n besoek aan die museum sal verskeie skulpe gesien kan word met 'n "Bayworld" plakker wat die versameling wesenlik aangevul het, die heel grootste skulp nou in die museum is ook deel van hierdie skenking.

Gill Watson (Bayworld) Carina Strydom, (KM), Raadslid F Baxter, Theo Vosloo (Voorsitter Museumvereniging, Vanessa (Bayworld Oorhandiging van die grootste skulp nou in die Skulpmuseum |
![]() |
Die skenking van 39.6 kg skulpe |
The Sea Shells of Jeffreys Bay word herdruk
Die gewilde boekie geskryf deur Prof Douw en mev Elize Steyn is onlangs 'n nuwe baadjie aangetrek en herdruk en word nou weer by die Skulpmuseum te koop aangebied.
Die proses was nie heeltemal so eenvoudig soos aanvanklik gedink is nie, die vorige maatskappy wat die drukwerk gedoen het bestaan nie meer nie, en daarom moes elke bladsy apart skandeer word. Gevorderde tegnologie is gebruik wat woorde omskakel na 'n teksformaat maar heelwat regstellings moes steeds gedoen word en elke fotobladsy ook individueel skandeer word.
Die eindproduk is egter pragtig en 'n nuttige naslaanboekie vir elke person met 'n belangstelling in die skulpe op Jeffreysbaai se strande.

Aphiwe Masoka ontvang die nuwe boekie van Frank Nunan van Write-On Publishing in St Francisbaai. |
Teken in op:
Plasings (Atom)