Donderdag 21 Januarie 2016

Tyd-regruk van Nasionale Kurator

Kouga Express Donderdag 21 Januarie 2016

Internasionale Museumdag 2016






Sondag 03 Januarie 2016

Mode ontwikkeling oor dekades en die identifikasie van Historiese kleredrag in sketse en foto's.

‘n Unieke geleentheid om meer van jou familie se erfstukke te wete te kom vind op Maandag 11 Januarie 2016 by die Humansdorp Museum plaas wanneer Annemarie Carelsen, kurator van die Ditsong Nasionale Kultuur Historiese Museums vanaf 1984, ‘n besoek bring aan die plaaslike museum met die doel om navorsing te doen oor klerasie en tekstiele wat hier uitgestal en gestoor word. Kleredrag ongeveer 1945 Annemarie sal tydens die besoek aan Humansdorp Museum tussen 10:00 tot 12:00 beskikbaar wees om meer inligting te gee oor antieke voorwerpe en foto's.

Belangstellendes kan klerasie, ou artikels of foto's saambring en sy sal dan meer inligting daaroor
Kleredrag ongeveer 1945
verskaf asook geraamde datums gee. Die besoek vorm deel van ‘n navorsingstoer deur die Oos-Kaap, waartydens ‘n aantal museums besoek gaan word op soek na unieke tekstiele artikels en sluit o.a. die Drosdy Museum in Uitenhage, die Port Elizabeth Bayworld versameling en Oos Londen versameling ook in. Annemarie is kundig in die identifisering van historiese kleredrag in foto’s en sketse. Sy het ‘n Meestersgraad in Geskiedenis oor interieur van historiese huismuseums en het uitgebreide kennis van die datering en klassifisering van ou tekstiel, hout- en metaalvoorwerpe.

Sy is verantwoordelik vir die historiese meubilering en versiering van die volgende museums (wat strek vanaf 1830 tot 1970): die Krugerhuis, Pionier Museum, Sammy Marks Museum en die Willem Prinsloo Landbou Museum. Sedert 1985 het sy persoonlik, asook soms saam met ‘n span, verskeie uitstallings behartig oor ‘n verskeidenheid onderwerpe asook konsultasiewerk gedoen by ander museums en gehelp met die datering en bewaring van antieke voorwerpe.

Annemarie was medeskrywer van die boek: “Voortrekker kleredrag 18350-40” en “Kleredrag tydens die Anglo-Boereoorlog 1898 -1902” met ‘n verskeidenheid interessante foto’s oor kleredrag van die tydperke.

Belangstellendes kan Maandag 11 Januarie om 9:30 vir 10:00 by Humansdorp Museum, Bureaustraat 17, besoek bring en foto’s of antieke artikels saambring. Toegang is slegs R10 per persoon en R5 vir

kinders. Vir navrae skakel Carel Ferreira by die museum 042 295 2503 tussen 10:00 en 15:00 weeksdae.

Vrydag 07 Augustus 2015

MUSEUM WORD RONDGESKUIF

Esther Botha






 Onlangs het ‘n paar vrywilliges die Museum so bietjie rond geskuif om dit meer toeganklik te maak
vir gestremdes en veral vir persone in rolstoele. Omdat die kaste swaar is om te skuif is alles uitgepak en op hierdie manier afgekom op 'n aantal interessante items wat lank weggepak was.













Maandag 22 Junie 2015

MUSEUM & GENEALOGIEDAG IN FOUNTAINS MALL

Op Saterdag 16 Mei 2015 is die jaarlikse Genealogie en Museumdag by die Fountains Mall gehou - 'n samewerking tussen eGGSA en Humansdorp Museum.


Die doelstelling van die dag is om bewusmaking by die algemene publiek te bevorder vir genealogie asook vir die Humansdorp Museum om sodoende nie net familiegeskiedenis te bewaar nie maar ook belangstelling te kweek vir die bewaring van oudhede vir die nageslag.

Saterdag 20 Junie 2015

SKEEPSWRAKKE LANGS KUS

Langs die kusstrook vanaf Strormsriviermond tot by die Van Stadensriviermond het ‘n hele aantal skepe vergaan en die volgende lys uit “Humansdorp se Groei en Bloei 1949 – 1975” deur E.J.Gerryts:

1840 – La Eagle
1840 – Queen of the West
1845 - The Hope
1859 – Lady Heal (Naby Goedgeloof en die mond van die Krommerivier)
1869 – Nederlandshe Vlag
1870 – Niagara
1888 – British Duke
1900 – Suffolk
1901 - Cromartyshire
1929 – Cape Receive
1938 – Lyngenfjord
1938 – Panaghia
1947 – President Reitz

Sondag 10 Mei 2015

Museum & Genealogiedag - 16 Mei 2015

Op 16 Mei 2015 vind 'n uitstalling plaas by die Fountains Mall om bewusmaking te bewerkstellig vir die museum sowel as vir die eGGSA tak van die Genealogiese Genootskap.

Alle belangstellendes welkom om na die uitstalling te kom kyk.