Saterdag 20 Junie 2015

SKEEPSWRAKKE LANGS KUS

Langs die kusstrook vanaf Strormsriviermond tot by die Van Stadensriviermond het ‘n hele aantal skepe vergaan en die volgende lys uit “Humansdorp se Groei en Bloei 1949 – 1975” deur E.J.Gerryts:

1840 – La Eagle
1840 – Queen of the West
1845 - The Hope
1859 – Lady Heal (Naby Goedgeloof en die mond van die Krommerivier)
1869 – Nederlandshe Vlag
1870 – Niagara
1888 – British Duke
1900 – Suffolk
1901 - Cromartyshire
1929 – Cape Receive
1938 – Lyngenfjord
1938 – Panaghia
1947 – President Reitz

Meer inligting oor die Lyngenfjord:
By die pragtige HUISKLIP by die mond van die Tsitsikammarivier het die Norweegse stoomskip die SS LYNGENFJORD, op 14 Januarie 1938 gesink en route van Frankryk na Madagaskar. Daar was geen lewensverlies nie en volgens oorleweing was die eerste person wat gered is ‘n baie deftige Franse dame met haar kat teen haar bors vasgedruk.

Die meeste goedere aan boord het behoue gebly behalwe die drank wat aan boord was – die plaaslike inwoners het die drank blykbaar op die strand weggesteek om later te gaan haal. Die Kuswag het egter hierdie planne in die wiele gery deur die strand vir ongeveer twee jaar na die stranding te patrolleer en teen daardie tyd was die drank so begrawe dat dit nie meer gevind kon word nie…


Foto: Petro Meyer
18/06/2015
Die wrak is gekoop deur ‘n Noorweegse Kaptein Pettersen,…”who owned whalers and a whaling factory. At one time he owned more ships than the South African Government! The gamble paid off, the ship holding together long enough for him to salvage a large part of her mixed cargo and make a handsome profit”.

In Humansdorp Museum is 'n aantal items wat afkomstig is van die Lyngenfjord  en die tafeltjie regs is een daarvan. Verder is daar ook kerse wat van die skip afkomstig is.
Genoemde tafeltjie is geskenk aan die museum deur mev. Annie van der Watt.

By Cape St Francis is ‘n gastehuis met die naam Lyngenfjord en daar is ‘n kapteinstoel met die naam van die skip op die rugkant uitgekerf.

Gaan kyk na www.lyngenfjord.co.za vir meer besonderhede asook foto’s van die skip en kapteinstoel asook op www.wrecksite.eu vir meer besonderhede oor van die ander skepe.