Dinsdag 30 Oktober 2018

Kompetisie Reëls


Mej Cowgirl and Mr Cowboy 2018
1. Jou inskrywing vir hierdie kompetisie en/of jou aanvaarding van ’n prys (indien jy een sou wen) beteken ’n bindende aanvaarding van die bepalings en voorwaardes van dié kompetisie sowel deur jouself as deur enige persoon wat jou verteenwoordig (ouer of voog).

2. Enige inskrywings wat nie ontvang word voor die sluitingsdatum van die kompetisie nie sal nie in aanmerking kom nie, ongeag die rede vir die laat inskrywing.

3. Ons verskaf geen waarborg dat – jou inskrywing vir of deelname aan die kompetisie noodwendig daartoe sal lei dat jy ’n prys wen nie.

4. Pryse mag nie verander of verruil word vir kontant of enige ander artikel nie.

5. Humansdorp Museumvereniging en die beoordelaars se besluit oor enige aangeleentheid rakende hierdie kompetisie en/of voortspruitend uit hierdie bepalings en voorwaardes is finaal en bindend vir jou, en geen korrespondensie sal hieroor gevoer word nie