Donderdag 14 September 2017

Heritage Day - 2017

For Heritage Day a puppet show was held for learners from Pellsrus Primary School and coincided with the surprise visit from KS Ntkama School.

All the learners enjoyed the show given by Nanette Stanley to raise awareness of the rich heritage of Jeffreys Bay and region.




Vrydag 30 Junie 2017

Skulpmuseum se dak word herstel

Die Skulpmuseum se dak het begin lek en 'n gesamenlike projek is deur die Kouga Munisipaliteit en die Humansdorp Museumvereniging herstel nadat lekke ontstaan het.
Voor Herstelwerk


Herstelwerk Begin
 

Amper Voltooi





Vrydag 02 Junie 2017

Feite & Geite Kompetisie

'n Hele aantal interessante inskrywings is ontvang maar nie een wat regtig aan al die vereistes voldoen het nie.
Daar is egter besluit om aan Gayni Plaatjies 'n prys toe te ken op grond van sy besondere inskrywings.

Gayni Plaatjies

Vrydag 26 Mei 2017

Pret-oppi-plaas-innie-Mall

Oud en jonk het Daisy kom help melk tydens die afgelope Saterdag se museumuitstalling in die Mall. Sommige deelnemers se poging sou beslis nie ‘n enkele druppel in die emmer laat beland het nie maar dit was nogtans ‘n prettige affêre . Die kampioenkoei het ook nie teleurgestel nie en genoeg gegeurde melk en botter gelewer om aan al die belangstellendes ietsie te kon gee.
Die doel van hierdie jaar se uitstalling was veral om die Humansdorpmuseum aan kinders bekend te stel en ook die Skulpmusuem te adverteer. Wanneer daar met mense gesels word is dit nogal verrassend om te hoor hoe min van die plaaslike inwoners die museums besoek terwyl besoekers van oor die hele wêreld wel besoek daar kom aflê.
Besoek gerus die Skulp- en Humansdorpmuseums en kry interessante inligting tydens die "tienminuuttoere"



Aimee en Keenan in outydse klere

















Saterdag 20 Mei 2017

Museumdag in Fountains Mall - 20/05/2017

 Die tema van Museumdag 2017 was Toeka se Melktoerusting.

'n Uitstalling is gehou van alherhande items wat gebruik is soos bottervorms, melkkarrings wat met die hand gedraai is, emmers, melkstoeltjies, ens.

Woodlands Melkery het ook 'n hele klomp gegeurde melkies geborg en elke besoeker aan die stalletjie het een gekry.

Besoekers het ook baie ernstig aan Blommetjie / (Daisy Mae in Engels) se spene getrek om bietjie melk te probeer uitkry - baie prettig maar geen enkele druppel het uit die spene (gemaak van opgestopte plastiese handskoen) in die emmer beland nie.

Jong besoeker by Blommetjie, die koeitjie



Hierdie pa wys vir sy dogter die regte manier om te melk

Emmers bly leeg!

Nooit te oud om pret te hê nie...

Woensdag 03 Mei 2017

Feite en Geite Kompetisie:






Jaarliks besoek groot getalle mense van oor die hele land en ook uit ander dele van die wêreld die Skulp- en Humansdorpmuseums en om die ondervinding meer leersaam te maak is besluit om interessante foto’s en kort video’s daar te vertoon. ‘n Feite en Geite kompetisie word aangebied deur die Skulp- en Humansdorpmuseums in samewerking met die Jeffreysbaai Inligtingkantoor en die plaaslike koerante om aan inwoners die geleentheid te gee om hul inskrywings in die museums te laat vertoon.   

Indien jul ’n video of foto het van interessante of verbasende gebeure in die omgewing, skryf dit dadelik in om in aanmerking te kom vir een van die heerlike pryse. Enige videos of foto’s wat handel oor bv. die natuur, diere, skulpe, geskiedkundige gebeure, ou geboue of interessante mense van die omgewing is baie welkom.  

Inskrywings kan gestuur word na humansdorpmuseum@gmail.com en die sluitingsdatum is 18 Mei 2017.

Indien die lêer te groot is vir epos kan dit op ‘n geheuestokkie gestoor word en na enige een die twee museums geneem word om afgelaai te word.

Volledige reëls is beskikbaar by www.hdorpmuseum.blogspot.com


Sondag 12 Maart 2017

Lewenslange Lidmaatskap


Tydens die onlangse AJV is 'n sertifikaat aan Carel Ferreira oorhandig as erkenning vir sy onbaatsugtige diens gelewer aan die Humansdorpmuseum. 




Carel Ferreira (links) en Theo Vosloo