Woensdag 03 Mei 2017

Feite en Geite Kompetisie:






Jaarliks besoek groot getalle mense van oor die hele land en ook uit ander dele van die wêreld die Skulp- en Humansdorpmuseums en om die ondervinding meer leersaam te maak is besluit om interessante foto’s en kort video’s daar te vertoon. ‘n Feite en Geite kompetisie word aangebied deur die Skulp- en Humansdorpmuseums in samewerking met die Jeffreysbaai Inligtingkantoor en die plaaslike koerante om aan inwoners die geleentheid te gee om hul inskrywings in die museums te laat vertoon.   

Indien jul ’n video of foto het van interessante of verbasende gebeure in die omgewing, skryf dit dadelik in om in aanmerking te kom vir een van die heerlike pryse. Enige videos of foto’s wat handel oor bv. die natuur, diere, skulpe, geskiedkundige gebeure, ou geboue of interessante mense van die omgewing is baie welkom.  

Inskrywings kan gestuur word na humansdorpmuseum@gmail.com en die sluitingsdatum is 18 Mei 2017.

Indien die lêer te groot is vir epos kan dit op ‘n geheuestokkie gestoor word en na enige een die twee museums geneem word om afgelaai te word.

Volledige reëls is beskikbaar by www.hdorpmuseum.blogspot.com