Vrydag 13 Maart 2020

 Laerskool Stulting besoek Humansdorpmuseum.
op 12 Februarie 2020 besoek 83 Engelse sowel as Afrikaanse Graad 4 leerders van Laerskool Stulting die Humansdorp Museum. Die toer handel oor die ontstaan van die museum sowel as die dorp. Daar word ook historiese artikels aan hul gewys en dit word dan vergelyk met artikels wat ons vandag gebruik.