Vrydag 13 Maart 2020

Humansdorpmuseum - Valentynsdag 2020

Goue Oues besoek Humansdorpmuseum

ter viering van Valentynsdag. Op 14 Februarie 2020 besoek 8 inwoners van Ons Tuiste in Humansdorp die museum waar hul na 'n praatjie luister oor Liefde. Daarna kry elke persoon 'n geleentheid om ietsie te vertel wat handel oor liefde, hul geniet 'n toer deur die museum en om die dag af te sluit word hul bederf met 'n heerlike koppie tee/koffie en soet bederfie terwyl hul luister na orrelspel deur Mr. Carel Ferreira.