Vrydag 09 Maart 2018

Laerskool Stulting besoek Humansdorp Museum



Die aankoms

Op 5 Maart 2018 het 'n groep van 73 leerders die Humansdorp Museum besoek, hulle is eers bietjie vertel oor die geskiedenis van Humansdorp en daarna op 'n toer deur die museum geneem. 


Donderdag 08 Maart 2018

Laerskool Kruisfontein besoek Humansdorp Museum

Op 21 Februarie 2018 het 'n groep leerders van Kruisfontein Laerskool 'n opvoedkundige uitstappie na die Humansdorp Museum gedoen. Sestig leerders is meer vertel oor die geskiedenis van Humansdorp en interessante artefakte aan hulle vertoon.


Saterdag 24 Februarie 2018

Lights! Camera! ACTION!

  On Friday 23 February 2018 a crew from Okuhle Media made a short documentary about the Shell Museum for an insert during Showville season 2 on SABC 2 .


The crew with Lorcia Cooper and Geoff Butler in front.
Lorcia and Aphiwe

Sondag 18 Februarie 2018

Flower Power 2017

Gedurende November en Desember 2017 is 'n prettige kompetisie by die twee museums gehou om 'n Mej Flower en Mnr Power vir 2017 te vind.
  Deelnemers is ingedeel in die volgende groepe: voorskool, laerskool en hoĆ«rskool en op 9 Desember is twee wenners (seun en meisie) in elke groep aangewys. Die kinders het dit geniet om brille, blomme en bont hare te gebruik om soos regte "hippies" te lyk, sommige het selfs kitaar gespeel soos die sestigers se "rockers".
  Hierdie jaarlikse kompetisie word gehou om kinders na die museum te lok maar ook om te wys dat museums kan pret wees.
  Al wat van die kinders verwag word is om een van die items beskikbaar vas te hou of te gebruik en 'n foto word dan van hulle geneem. Die foto's word dan later op die tv skerms in die museums gewys.  
  Danksy bydraes van Kouga Munisipaliteit, Musica en True Technologies het elkeen, wat tydens die prysuitdeling daar was, 'n geskenk gekry en veral die wenners van die vier tablette (Lenovo TAB 3 7" ) was baie opgewonde. Die stralende gesiggies van die pryswenners was 'n vreugde om te aanskou.
  heelwat navrae is reeds ontvang oor wanneer die volgende kompetisie plaasvind en die datums sal binnekort bekend gemaak word.


Classic Car Rally 2017

   Die Jbay Classic Car Club het in Desember 2017 vir die tweede keer, in samewerking met die twee museums, 'n "Rally" gehou vanaf die Skulpmuseum tot by Mentorskraal en terug. Meer as twintig van hierdie pragtige ou motors het eers parkeer by die museum om mense die geleentheid te gee om hulle te besigtig en daarna het 'n aantal belangstellendes die gratis rit meegemaak.
  Verskeie navrae is reeds ontvang oor wanneer die volgende "Rally" gaan plaasvind en die datum vir hierdie jaar sal binnekort bekend gemaak word.
  Hier is foto's van slegs 'n paar van die klassieke motors wat aan die "Rally" deelgeneem het.






Oudste motor wat deelgeneem het aan Rally

Vrydag 16 Februarie 2018

Navorsing in Skulpmuseum

Hierdie groupie leerders het kom navording doen oor skulpe in die museum

Leerlinge van Port Elizabeth besoek Skulpmusuem

Leerlinge van Khayalethu Youth Centre het kom kyk na die skulpe.