Woensdag 31 Oktober 2018

Kompetisietyd by die Museums

Op 5 November begin hierdie jaar se soektog na Mej "Cowgirl" en Mnr "Cowboy" en die kompetisie sluit op 30 November 2018.





Om in te skryf besoek die Skulpie- of Humansdorpmuseum, gebruik van die prettige toebehore of kom aangetrek volgens 'n Wilde Weste tema, laat 'n foto neem deur een van die museum se toesighouers en vul 'n inskrywingsvorm in. Dit is beslis nie 'n skoonheidskompetisie nie maar net 'n prettige manier om die museums bekend te stel.


Op 8 Desember om 10:00 word die wenners by die Skulpmuseum bekend gemaak.  Om onpartydigheid te waarborg word drie kinders se name getrek in elk van die volgende kategorieë:


Voorskool, laerskool en hoërskool  wat dan in aanmerking kom vir 'n eerste, tweede en derde prys.


Daar sal egter ook 'n meriete prys wees vir die twee wat, volgens die beoordeelaars, die heel beste  aangetrek is as "Cowgirl" en "Cowboy".


Tydens die besoek aan die museum kan name op 'n lys geplaas word vir 'n gratis pretrit vanaf die Skulpiemuseum na Mentors en weer terug.  Indien daar meen name as plekke is sal daar ook 'n trekking gehou word - plek is ongelukkig beperk.

Dinsdag 30 Oktober 2018

Kompetisie Reëls


Mej Cowgirl and Mr Cowboy 2018
1. Jou inskrywing vir hierdie kompetisie en/of jou aanvaarding van ’n prys (indien jy een sou wen) beteken ’n bindende aanvaarding van die bepalings en voorwaardes van dié kompetisie sowel deur jouself as deur enige persoon wat jou verteenwoordig (ouer of voog).

2. Enige inskrywings wat nie ontvang word voor die sluitingsdatum van die kompetisie nie sal nie in aanmerking kom nie, ongeag die rede vir die laat inskrywing.

3. Ons verskaf geen waarborg dat – jou inskrywing vir of deelname aan die kompetisie noodwendig daartoe sal lei dat jy ’n prys wen nie.

4. Pryse mag nie verander of verruil word vir kontant of enige ander artikel nie.

5. Humansdorp Museumvereniging en die beoordelaars se besluit oor enige aangeleentheid rakende hierdie kompetisie en/of voortspruitend uit hierdie bepalings en voorwaardes is finaal en bindend vir jou, en geen korrespondensie sal hieroor gevoer word nie


Dinsdag 31 Julie 2018