Woensdag 30 Junie 2021

 

 

Volgens die nuwe Popia wet wat 1 Julie 2021 in werking tree moet ons 2 vrae vra aan lede van die blad.

1. Wil jy deel wees hierdie WA groep?

2. Onderneem jy om geen van enige van die groep se lede se sigbare informasie elders te gebruik sonder hulle toestemming nie?

Indien jou antwoorde ja is, bly asseblief op die groep.

Indien dit nee is, verlaat asseblief die groep sodat ons in lyn met regulasies kan bly.

According the new POPIA act which becomes in to effect on 1 July 2021 we have to ask you as members of the group the following 2 questions.

Do you want to be a member of this WA group?

Do you undertake not use any of the other members visible information on any other place or purpose without their permission?

If your answers are yes, please remain on the group.

If your answers are no, please leave the group so that we can comply with the regulations.

Dankie almal.

Thank You

 

Vrydag 13 Maart 2020

Wielie Walie - 31 Januarie 2020



Op 31 Januarie 2020 het 87 leerders van Wielie Walie die Poppespel terdee geniet. Baie dankie vir les oor die regte behandeling van diere, tannie Nanette Stanley.

Laerskool Jeffreysbaai

Laerskool Jeffreysbaai se Gr. 4 klas het Donderdag 30 Januarie die Skulpiemuseum besoek en hulle het dit vreeslik geniet en baie dankie aan Juffrou Corna wat weer die Skulpiemuseum vir hulle uitstappie gekies het.

Humansdorpmuseum - Valentynsdag 2020

Goue Oues besoek Humansdorpmuseum

ter viering van Valentynsdag. Op 14 Februarie 2020 besoek 8 inwoners van Ons Tuiste in Humansdorp die museum waar hul na 'n praatjie luister oor Liefde. Daarna kry elke persoon 'n geleentheid om ietsie te vertel wat handel oor liefde, hul geniet 'n toer deur die museum en om die dag af te sluit word hul bederf met 'n heerlike koppie tee/koffie en soet bederfie terwyl hul luister na orrelspel deur Mr. Carel Ferreira.



11 Maart 2020 Laerskool Kruisfontein

 Op 11 Maart 2020 besoek 45 leerders van Laerskool Kruisfontein die Humansdorpmuseum. Hier word hulle vertel van die geskiedenis en oorsprong van verskeie artefakte, hul leer ook van die ontstaan van hul dorp sowel as die Humansdorpmuseum. Na die afloop van die toer is die leerders se kennis getoets deur 'n paar vrae aan hul te vra, wat hul dan ook heeltemal korrek beantwoord het. Hul het hul uitstappie baie geniet en kan nie wag om terug te keer na die museum.






























.





















































































































































































































 Laerskool Stulting besoek Humansdorpmuseum.
op 12 Februarie 2020 besoek 83 Engelse sowel as Afrikaanse Graad 4 leerders van Laerskool Stulting die Humansdorp Museum. Die toer handel oor die ontstaan van die museum sowel as die dorp. Daar word ook historiese artikels aan hul gewys en dit word dan vergelyk met artikels wat ons vandag gebruik.



Skoonmaak by Humansdorp Museum 2020

Hartlike dank aan hierdie span manne vir al julle harde werk by die Humansdorp Museum, dit word opreg waardeer.










Maandag 06 Januarie 2020

Skulpmuseum kry "makeover" !.



Gedurende November en December 2019 is 'n paar veranderinge by die Skulpiemuseum gemaak en uitstalruimte bietjie uitgebrei. Kom maak gerus 'n draai en beleef die nuwe Skulpiemuseum!!!




Engela Ferreira (hier afgeneem) was die ontwerper van die nuwe Skulpmuseum logo.

Woensdag 01 Januarie 2020

Woensdag 23 Oktober 2019

Saterdag 28 September 2019

Saterdag 14 September 2019

Die Skulpiemuseum en Humansdorp museum 2019 aktiwiteite - 14 Sept



Leerders van Hoƫrskole Nico Malan en Paul Sauer was die Skulpiemuseum se tweede eko toer groep op 14 September 2019.

Donderdag 29 Augustus 2019

Saterdag 17 Augustus 2019

Die Skulpiemuseum en Humansdorp museum 2019 aktiwiteite - 17 Aug

Die Skulpiemuseum se eerste ekotoer!!!
Op 17 Augustus 2019 het die Skulpiemuseum sy eerste ekotoer aangebied vir Hoƫrskool McLachlan.
Eers is praatjies oor skulpe en  ekotoerisme in die museum gehou en daarna is die leerders en onderwyser met Riksha Tours se tuk tuk's strand toe geneem sodat die leerders 'n ekosisteem in 'n rotspoel kan waarneem.

Dinsdag 06 Augustus 2019

Woensdag 31 Julie 2019

Saterdag 08 Junie 2019

Skulpiemuseum en Humansdorp museum 2019 Aktiwiteite

 Die Skulpiemuseum en die Humansdorp-museum vier Internasionale museumdag op 8 Junie 2019.

Die tema van hierdie jaar se Museumdag was besoedeling. Die uitstalling het uit twee dele bestaan: een kant het getoon hoe rommel die see en strande besoedel en die ander kant het skoon strande uitgebeeld sonder vullis met skulpe hoe dit veronderstel is om te lyk.

Die museums het ten doel om meer mense, en veral die jeug, bewus te maak van besoedeling en watter verskil dit kan maak as n mens nie die strande en see besoedel nie.








Die Museumdag is voorafgegaan met 'n inkleur- kompetisie wat vir leerders gehou is. Bladsye met 'n prentjie van besoedeling op die strand is uitgedeel aan kinders van Jeffreysbaai en Humansdorp. Kinders het die prentjies ingekleur en dit was baie moeilik om uiteindelik die wenners te kies. Hierdie is die gelukkige jong mense wat die wenners van die kompitisie was, Baie geluk aan julle!






















Vrydag 31 Mei 2019