Op 31 Januarie 2020 het 87 leerders van Wielie Walie die Poppespel terdee geniet. Baie dankie vir les oor die regte behandeling van diere, tannie Nanette Stanley.
Vrydag 13 Maart 2020
Laerskool Jeffreysbaai
Laerskool Jeffreysbaai se Gr. 4 klas het Donderdag 30 Januarie die Skulpiemuseum besoek en hulle het dit vreeslik geniet en baie dankie aan Juffrou Corna wat weer die Skulpiemuseum vir hulle uitstappie gekies het.
Humansdorpmuseum - Valentynsdag 2020
Goue Oues besoek Humansdorpmuseum
ter viering van Valentynsdag. Op 14 Februarie 2020 besoek 8 inwoners van Ons Tuiste in Humansdorp die museum waar hul na 'n praatjie luister oor Liefde. Daarna kry elke persoon 'n geleentheid om ietsie te vertel wat handel oor liefde, hul geniet 'n toer deur die museum en om die dag af te sluit word hul bederf met 'n heerlike koppie tee/koffie en soet bederfie terwyl hul luister na orrelspel deur Mr. Carel Ferreira.

11 Maart 2020 Laerskool Kruisfontein
Op 11 Maart 2020 besoek 45 leerders van Laerskool Kruisfontein die Humansdorpmuseum. Hier word hulle vertel van die geskiedenis en oorsprong van verskeie artefakte, hul leer ook van die ontstaan van hul dorp sowel as die Humansdorpmuseum. Na die afloop van die toer is die leerders se kennis getoets deur 'n paar vrae aan hul te vra, wat hul dan ook heeltemal korrek beantwoord het. Hul het hul uitstappie baie geniet en kan nie wag om terug te keer na die museum.
.
.
Laerskool Stulting besoek Humansdorpmuseum.
op 12 Februarie 2020 besoek 83 Engelse sowel as Afrikaanse Graad 4 leerders van Laerskool Stulting die Humansdorp Museum. Die toer handel oor die ontstaan van die museum sowel as die dorp. Daar word ook historiese artikels aan hul gewys en dit word dan vergelyk met artikels wat ons vandag gebruik.

Skoonmaak by Humansdorp Museum 2020
Teken in op:
Plasings (Atom)